Wednesday, 31 August 2011

Geskenk registers

Haai julle,

Ek kan nie glo hoe die tyd vlieg nie! Net so bietjie meer as twee maande oor en nog soveel klein goedjies om te doen. Björn vlieg Vrydag die 2de September (op sy verjaersdag) DRK toe en ek hoop ek kry alles ten minste klaar voor hy terug kom. Aaaaaaagh! Hie hie hie! Soos ons by die naweek program, heel onder, gesê het, sal die grootste geskenk vir ons wees om 'n naweek saam familie en vriende te spandeer.

"Daar is 'n klomp klein dingetjies wat ons hartjies begeer, maar om julle daar te hê sal ons soveel meer waardeer!! Vir die wat op 'n geskenkie aan wil dring, het ons trou registers @home, Boardmans en Mr Price Home begin. 'n Geldjie in 'n koevertjie toegevou, sal ons ook vir ewig na aan ons harte hou..."

Dit was wel vreeeeeeslik baie pret om saam met Björn te gaan 'shop'. Hy het homself en my heerlik vermaak!



Hier is die trou registers se nommers:

@home                        GR3300200000490
Boardmans                   RW114175
Mr Price Home            25458

Dit is beskikbaar by al die takke land wyd. As julle nie die register nommer byderhand het wanner julle gaan nie, kan ons name en vanne ook gebruik word... Dis nou natuurlik Björn van Rooyen en Karlien Louw. 'n Verdere bevestiging dat dit die regte lysie is, sal ons trou datum wees... Dit is natuurlik 11.11.11.

Tuesday, 9 August 2011

9 Augustus 2011

Hey almal. Vandag is ons tweetjies presies al vir 10 jaar bymekaar.Soos ons nou in die 11de jaar ingaan, het ons gedink dit is sommer die perfekte tydjie om ons trou blog vir 11.11.11 aan julle bekend te maak.

Taaaadaaaaa!!!

Geniet dit!



Die begin van alles....

DIE VERLOWING



Ek was in ekstase toe Björn my die 3de Januarie 2010 vra vir my hand in die huwelik!

Met 'n briefie en 'n piekniek mandjie is ek vroeg die oggend wakker gemaak... Dit het so gereën daardie week en Björn het gesê dat hy net nie meer kon wag vir 'n sonnige daggie om te piekniek nie! Ek giggel nou nog binne in myself as ek terug dink aan die tikkie geïrriteerdheid in sy stem oor die weer nie wou saam speel met sy planne nie! So dit was sjampanje en kasies en southappies en aarbeie en room en sjokalade vir ontbyt!

Natuurlik het ek begin snik-snik en die trane wat oor my ronde wangetjies gerol het was letterlik 'n oorstroming van die geluk en liefde wat ek binne in my het vir hierdie besonderse man! Sy asemrowende woorde op 'n papier wat hy skelm-skelm self ge'scrapboek' het, het natuurlik die traankliere ook oopgedraai! Trane van vreugde...

Die briefie lees....

“Die tyd, die groot oomblik, het aangebreek. My hart klop nou verwoestend vinnig, maar hy klop vir jou. Ek is van voor af verlief op my enigste liefde. My beter helfte, my beste helfte. Dis waar wat hulle sê dat agter elke man staan daar ‘n vrou, maar net agter sommige mans staan daar ‘n goeie vrou, ‘n lewensmaat. Ek hoor kerk klokke lui en daars altyd ‘n ring betrokke wat so ‘n groot besluit seël vir altyd. Vir altyd klink so lank, maar ek wil saam met jou oud word sodat ons kan terug kyk na die lewe wat ons saam gehad het, want agter my staan ‘n goeie vrou. Ek sal die wind vra om jou te dra en jou te lig na hoër vlaktes. Ek sal die see vra met sy magdom water om jou naam oor die wêreld te verkondig, maar al my gebede lê by God wat die wind en die water beheer, sodat Hy jou sal beskerm waar jy mag gaan. Toe ek God destyds gevra het vir die perfekte meisie toe stuur Hy ‘n engel na my toe wat van oor tot oor met liefde kan uitstraal en almal se lewens verryk met innerlike skatte van haar hart, wat soveel plek het vir almal wat sy lief het, maar is tog so klein en ‘fragile’. Jy is ‘n rare skat wat onbekostigbaar is, maar tog deur iemand kan hy jou so lief kry dat hy jou nie met die wêreld wil deel nie. Nege jaar wat ons twee saam is en daar is nie ‘n dag wat verby gaan wat ek kan sê ek het jou minder lief nie. Ek kan nie sonder jou klaar kom nie. Jy is my alles, my wêreld deur dik en dun en ek wil met jou trou, so hier is my vraag aan jou?”

Nadat ek DIE brief gelees het, het hy op sy knieë gegaan langs die bed en my vertel van die Strandlopertjie voël wat net een lewensmaat kies en daarna nooit weer hom of haar vervang nie. Hy sê toe vir my dat hy soos daardie Strandlopertjie voel en dat hy my as sy lewensmaat wil hê...

Met die perfekte ring wat ons saam uitgekies het by die Arthur Kaplan waar my ma jare laas as jong meisie gewerk het (Baie Dankie Tannie Trudes), en 'n wonderlike Godvresende man, was my antwoord onbetwyfeld en natuurlik 'n duisend maal ja! En nou lê die troudag voor!

Die voorbereiding....



Ten minste het dit ons baie tyd gegee vir die beplanning want as jy my goed ken dan weet jy ek hou daarvan om gereed te wees. Dit is ook nie asof almal net hulle lewens kan stop en help met allerhande dingetjies nie! Elke week tot dusver word ietsie van die lysie afgehandel. Oe!, en dit help ook baie met die finansies as mens so stukkie vir stukkie dingetjies doen! Buiten dit ken julle my mos as die dromer... en dit vat tyd en baie werk om 'n onpraktiese idee 'n realiteit te maak! Vra maar my sussies en broer Rohan! Ek het maande voor die tyd hulle mal gehad met al die reëlings vir hulle 21ste's!, wat nou nog van 'n troue! So vreeeeeslik baie dankie aan almal se hulp, advies, ondersteuning en opgewondenheid oor ons groot daggie - of moet ek sê naweek - wat voorlê!

Oor al die voorbereiding kan ek nou nie veel uitbrei nie want anders is niks vir niemand 'n verrassing nie! Dis ook hoekom ons nie van almal wat aanbied se hulp gebruik kan maak nie. Dit moet mos tog ook 'n lekker en ontspanne tydjie vir ons vriende en familie wees! Bogger my Tannie Minil... Sy sal maar net moet regstaan (so asof enigiets of iemand haar gaan keer om hierdie troue te reël) Ha ha ha!

Sunday, 15 May 2011

Sjoe! Julle dink JULLE is bly dat ons uiteindelik trou!

Wel, ons het tog ook nie veel van 'n keuse gehad nie want van ons beste vriendinne het gedreig om 'n pastoor en 'n trourok te reël vir Oujaarsaand 2011 waar ons soos gewoonlik bymekaar is, as ons nie die jaar trou nie! Ha ha ha! Wel, met vriende soos hulle het ons maar gesorg dat die datum vas is, die 'Save the dates' uit is (11.11.11), die venue bespreek is en die beplanning voort duur...

So hier volg die 'trou blog'... om julle op hoogte te hou van al die trou reëlings...

Thursday, 12 May 2011

Marula Mountain Village Terms and Conditions

Please adhere to the terms and conditions of Marula Mountain Village. (For more detailed terms and conditions please feel free to go and have a look on the Marula Mountain Village website)

Some points that we thought might be of some help and interest to our guests:

Main gate times: 06:00 - 22:00. In case of an emergency, contact Tiaan on 082 787 6352 or Marthinus on 072 444 1952

CHALETS

* Cleaning of rooms: Please inform reception if you require room service, which includes remaking the bed, cleaning the kitchen and bathroom. A fee of R50 is applicable for all units ( except Opstal and Marula House ) , payable at reception. The staff has a set of keys which allows guests to lock their rooms. Cleaning or rooms will take place until 12.00. If cleaning staff are not allowed to clean the room before then, staff will not be held responsible for cleaning the rooms.

Medical assistance and emergencies: Please call any staff member if you require assistance.

TROMAR Ambulance Services - 082 584 1690 / 072 276 2978
Ambulance - 014 736 2697 / 1017
Drs Coertze & Ass - 014 736 2290
Bela-Bela Provincial Hospital - 014 736 2121
Police - 014 736 9700 / 10111

In case of emergency , please contact Tiaan on  082 787 6325 or Marthinus on 072 444 1952.