Need to knows...




KINDERS

Alhoewel ek en Björn beide ongelooflik lief is vir kinders, dink ons die naweek is ideaal vir ouers om so bietjie te rus en te ontspan. Dit is juis hoekom ons asseblief vra dat u nie u kinders saam bring vir die naweek nie. Buiten vir die kinders wat deel is van die gevolg, gaan daar ook nie voorsiening gemaak word vir kos of slaapplek vir ander kinders nie.

Ons wil ook nou nie hê die gesiggies moet op straat gelos word nie. Indien geen ouma of oupa of oppasser gereël kan word vir die 2 daggies nie, kontak ons gerus as dit ‘n uiterste noodgeval is.