Die naweek program...

Dit gebeur bitter min dat vriende en familie so almal bymekaar kan kom. Ons wil nie tydens so 'n spesiale gebeurtenis net 'n 10 minute tydjie saam met individue spandeer nie. Dit is hoekom Björn en ek besluit het om 'n naweek-troue te hou. Nou gaan daar meer tyd wees om kwaliteit tyd saam met vriende en familie te spandeer!
 

Ek het net twee versoeke wat baie na aan my hart is vir die naweek...
  1. Dat ‘Pik ‘n Louw’ dag sommer eindig by die "I do’s" en nooit weer van gehoor sal word nie ... en nee, dit mag nie verander na ‘Pik ‘n van Rooyen’ dag nie Charl!
  2. Leroy, asseblief moet my nie die naweek weer tekkel nie! (Ja vriende... letterlik tackle)
Vrydag 11 November 2011



Die bruilof is om 11h00 die oggend by die huwelikskapel by Marula Mountain Village. Gaste mag vroeër kom om rustig af te pak en ek mag natuurlik 11 minute laat wees, maar julle nie! Ha ha ha!


Na die "I do's" sal personeel reg staan om vir julle julle piekniek etes uit te gee. Dan kan almal 'n plekkie op die groen gras kies om hulle middagete te geniet. Die drag is semi-formeel maar manne hoef nie lang mou hemde of dasse te dra nie, ‘n langbroek sal wel verkies word. Dames moet net onthou dat daar op die gras gesit gaan word. Foto's gaan geneem word en die toesprake en meeste van die formaliteite sal dan afgehandel word. Geniet ‘n heerlike middagete en moenie vergeet van die lekker troukoek nie!


Ons ken nou nie 'n 'Simon' vir 'Simon says' nie, maar ons seremoniemeester, Leon, sal julle deur al die verrigtinge lei. As Leon so sê... kan almal nog meer gemaklik gaan aantrek en gebruik maak van die beskikbare sport en ontspannings fasiliteite.


Om 18h00 die aand gaan ons almal in die saal weer bymekaar kom vir die laaste paar verrigtinge. Die bruidegom gaan sy dankie sê toespraak doen en ons gaan die dansbaan open. Daarna kan ons net lekker makietie hou. He-he-he-he!


Bring asseblief julle eie vleisie vir Vrydagaand. Bykosse en eetgerei sal voorsien word, asook vure en hout.


Daar sal 'n kontantkroeg beskikbaar wees vir Vrydagaand so asseblief hou u koelboks met drankies eerder vir Saterdag en Sondag se gebruik, by u tent of chalet.


Vrydagaand kan almal dan lekker braai, lekker lag en lekker dans tot die son opkom!


Saterdag 12 November 2011


Mmmm... 'n lekker laat slapie of 'n oggend van wildbesigtiging te voet... dis jou eie keuse. Mnr en Mev van Rooyen... Ooooooooooooh!... gaan die dag net lui lekker saam met almal geniet. Ek seker lui en Björn seker besig op die volleyball baan.


Koffie, tee en Ma Riet se lip-lek-lekker-beskuit (Dankie Moeks!) sal by die swembaddens bedien word vanaf 10h00 af.
(11.11.11 is dan net 'n mooi herinnering).


Maak voorsiening vir julle eie kosreëlings gedurende die dag. Pak kossies in, gaan kry goedjies in die dorp of kry ietsie lekkers by Marula Mountain Village se restaurant. Nou kan julle ook julle koelbokse oopmaak en by julle hou waar ookal julle julself mag vind... Net een koelboks word per persoon toegelaat... Ba-ha-ha-ha! Ontspan manne, dis ‘n grappie!


Speel 'n volley ball game of 11, gg ggg g (my pa se laggie), of Marco Polo in die swembad en ontspan saam met vriende!


Saterdagaand sal daar vure en kole vir braai voorsien word by die Bohma.


Sondag 13 November 2011


Maak 'n lekker spek en eiers ontbyt of gaan eet ietsie by die restaurantjie, en geniet nog 'n oggend in die natuurskoon...


Die naweek word afgesluit met 'n heerlike buffet middagete @ R55.00 per persoon (eie onkostes). Besprekings vir die buffet sal vooraf gemaak moet word. Ons versoek vriendelik dat diegene wat belangstel, ons ook voor of op 30 September laat weet en ‘n aparte oorplasing vir die buffet ete na dieselfde rekening toe maak, as wat aangedui is, met julle name as verwysing.


Daarna sal ons almal rustig moet begin oppak en verdaag want ons kan ongelukkig nie 'n trou-week hou nie! Ek is sommer al klaar hartseer om almal te sien gaan, maar ek troos myself daaraan dat ons 'n week se wittebrood gaan hê wat wag om terug te dink aan al die spesiale oomblikke van ons trou-naweek (dis nou net ek en Björn hoor).