Akkomodasie...



Weens 'n beperkte aantal slaapplek in die selfsorg eenhede, het ons al die gaste vooraf ingedeel. Ons het met moeite almal se behoeftes in ag geneem en vertrou dat almal gemaklik sal slaap.

Saterdag is opsioneel maar siende dat ons 'n "Naweek-troue" beplan, hoop ons dat meeste van julle Saterdagaand ook sal oorslaap.

Die verblyftariewe is per persoon of soos aangedui. Ongelukkig neem Marula Mountain Village nie besprekings vir slegs een aand oor naweke nie en as gevolg daarvan sal die pryse wat aangestuur word vir 2 aande se verblyf wees.

Voor julle te groot skrik, moet ek beklemtoon dat die pryse vir ‘n hele naweek se verblyf heel billik is. Vir die familie en helpende hande wat reeds Donderdagaand oorslaap, sal die ekstra weeksaand se ekstra verblyf kostes aangestuur word.

Ons stel voor dat vriende wat slegs een aand kan oorslaap eerder gebruik maak van die kamp geriewe en versoek u vriendelik om ons so spoedig moontlik te laat weet as dit die geval is. Kampeerders moet asseblief onthou om hulle eie tente en kamp toerusting saam te bring. Daar is kragpunte by die kamp geriewe en verskeie mans en dames, netjiese, skoon badkamers met storte en wasbakke en spieёls beskikbaar.

Die tariewe sal wees volgens die eenheid waarin jy bly en volgens die tariewe wat Marula Mountain Village vra.

Kontak ons asseblief direk vir die verblyf reёlings. Alle gelde is betaalbaar voor of op 30 September 2011.

Bank besonderhede is as volg:
(Aparte oorplasings vir verblyf en buffet asseblief)

M. Venter

Absa Bank

Spaar rekening

Rekening nommer:        921 915 5649

Tak naam:                      Brooklyn, Pretoria

Tak kode:                       632005

Verwysing:                     Naam en van

Kyk asb waar slaap julle!